Grondeise: Wat elke koper moet weet
25 October 2013
Die koop van ‘n addisionele stuk grond met die oog op die uitbreiding van ‘n plaas en besigheid is ‘n... opwindende, tog wesenlike besluit wat ‘n boer neem. Ooglopende faktore wat oorweeg moet word voordat die transaksie aangegaan word, is onder meer ligging, grootte, water- en kragtoevoer, asook natuurlik die finansies. Tog is daar ander onderliggende kwessies wat ‘n boer se besluit om uit te brei aansienlik kan beïnvloed. Tref dus die nodige voorsorg nou en vermy spyt later.